Verkorte geskiedenis van N.G. Kerk Bothaville Noord .

 

 

In die jaar 1893 is Bothaville as dorp erken, alhoewel die N.G. gemeente hier plaaslik reeds in 1891 gestig is. Met die jare het die dorpe Wesselsbron, Allanridge, Viljoenskroon en Vierfontein ontstaan en gevolglik is dele van die oorspronklike gemeente afgesny. Met die aanwas van die lidmatetal kon een predikant nie die werk behartig nie.

 

Sedert 1936 het verskillende persone die plaaslike leraar tydelik gehelp. In 1948 is die eerste mede-leraar beroep en gaandeweg is daar gewerk in die rigting van afstiging van ;n nuwe gemeente.

 

Op 13 Februarie 1960 is die N.G. Gemeente van Bothaville Noord afgestig. Die bruidskat wat die Moedergemeente geskenk het , het ingesluit R20 000 en die pastorie in Greylingstraat.

 

Die eerste kerkraad het bestaan uit 32 lede vir die sewe wyke van die dorp en die nege wyke van die distrik. Gedurende die eerste ses jaar het Mnr. J.C.L. Botha as Skriba-kassier opgetree en dit sonder enige vergoeding.

 

Die eredienste is aanvanklik in die Kerksaal van die Moedergemeente gehou. Onder leiding van ouderling O.J.Lessing is spoedig met sondagskoolwerksaamhede begin.

Dominee en mevrou de Waal was die eerste leraarspaar van die gemeente, hulle is op 20 Augustus 1960 hier ontvang.

 

Die susteshulpdiens is op 22 oktober 1960 hier gestig en die O.V.S.B op 5 November 1960. Kindersendingkrans- en K.J.V.-takke is ook nog in 1960 gestig.

 

Op 8 Junie 1963 is die sierlike Kerkgebou ingewy. Die totale koste met meubels, matte, orrel, proffesionele fooie ens. Het R83 000 beloop. Op 26 Junie 1964 is Dominee en mevrou Greeff as herderspaar ontvang.

 

In Junie 1965 erf die gemeente uit die boedel van mnr. en mev A.C.J. van Rensburg die bedrag van R 18 226. Hierdie erflating was die aansporing tot die oprigting van die Sondagskoolsentrum. Terselfdertyd is oorgegaan tot die oprigting van ‘n nuwe pastorie. Die pastorie is op 9 Mei 1968 voltooi en betrek en die Sondagskoolsentrum is op 19 Oktober 1968 ingewy. Die totale koste vir die oprigting van die twee geboue was R118200. Deur die genade van die Here is die skuldlas binne 10 jaar betaal.

 

Die argitek vir die oprigting van al drie hierdie geboue was mnr. B. de W. Harman. Die bouaannemers van die Kerk was G.J. te Baerts en seuns en van die ander geboue was mnr A. Kerkhof.

 

Ons Loof en Dank die Here!.